Ons Skool - Laerskool Vaalwater
Laerskool Vaalwater Wapen
Tradisie • Trots • Uitnemendheid

Ons Skool

Sedert 1953

Ons Geskiedenis

Die eerste skoolgebou van Laerskool Vaalwater het in 1953 geopen en was geleë langs die huidige Vaalwater Hotel. Dit was aanvanklik ’n klein driepersoneelskool met mnr. S.S.B. Hoffman as hoof en Tannie Katy en Tannie Chrissie van Heerden as die ander twee personeellede. Oom Nic Runtgen was die bestuurder van die heel eerste skoolbus en het die leerders getrou van en na die skool vervoer.

Op 11 Junie 1960 is die nuwe skoolgebou, wat vandag nog gebruik word, amptelik in gebruik geneem. Die hoeksteen van die nuwe skool is gelê deur mnr. S.G.J. van Niekerk, ’n lid van die Uitvoerende Komitee.

Ons Erfenis & Simboliek

Ons skoollied is deur Oom Hoffie (mnr. Hoffman) geskryf en vorm vandag steeds ’n belangrike deel van ons tradisie. Die bekende skoolwapen is ook deur hom ontwerp en is gebaseer op die woorde van die skoollied. Die blou lug wat die vlaktes met sonskyn bestraal, vorm die kern van ons skool se beeldspraak en simboliek.

Ons Skoolhoofde

1953 Mnr. S.S.B. Hoffman
Mnr. S.J.M. Swanepoel
Mnr. P.B.E. van der Westhuizen (Mnr. Pieter)
Mnr. Daan Labuschagne
2006 - Junie 2008 Me. Petro Raubenheimer (Waarnemend)
2008 - † 17 Des 2012 Mnr. Willem Nezar
Des 2012 - Aug 2014 Me. Martie Steyl (Waarnemend)
1 Sep 2014 - Tans Mnr. L.H. Vorster
Ons Leuse

"EK KAN"

Moedig elke Valie aan om uitdagings met moed, selfvertroue en deursettingsvermoë aan te pak, in onsself te glo en altyd ons beste te gee.

Skoollied

Deur Mnr. S.S.B. Hoffman (Oom Hoffie)

Waar bloue lug die vlak omspan met sonneskyn bestreel
Waar bome in die veld pryk met blomme ryk bedeel

Daar staan ons skool, ons trots, ons krag, daar kry ons kennis
die is mag, om die stryd die hoof te bied, sing ons lustig nou ons lied:

Vaalwater, Vaalwater, Vaalwater wie ek min,
Daar stry ons, daar werk ons, daar sing ons, daar speel ons.

Vaalwater, Vaalwater, Vaalwater volhard en oorwin!

Ons Personeel

Bestuur & Administrasie

Leonard Vorster
Leonard Vorster Hoof
Johan Lochner
Johan Lochner Departementshoof
Marilie O'Kelly
Marilie O'Kelly Admin

Kleuterskool

Leonè Van Der Merwe
Leonè v.d. Merwe Graad R
Marcia Mariba
Marcia Mariba Gr. RR & RRR
Aniska Vermaak
Aniska Vermaak Gr. RR & RRR

Grondslagfase

Ria Brits
Ria Brits Graad 1 & 2
Rebecca Mpepele
Rebecca Mpepele Grade 1-3
Yvonne du Plessis
Yvonne du Plessis Graad 3

Intersenfase

Amanda Pretorius
Amanda PretoriusGraad 4 A
Johan Lochner
Johan LochnerGraad 5 A
Georgina Kolobe
Georgina KolobeGr. 4 & 5 E
Marinus Cloete
Marinus CloeteGraad 6 A
Jane Mongwe
Jane MongweGr. 6 & 7 E
Rory Wilson
Rory WilsonGraad 7 A
Jackson Makhae
Jackson MakhaeStudent

Terreinspan

Eva Matlhabe
Eva Matlhabe
Philemon Mpepele
Philemon Mpepele
Simon Moruwe
Simon Moruwe
Sinah Mashungu
Sinah Mashungu

Beheerliggaam (SGB)

Ouer Verteenwoordigers

Voorsitter & Tesourier Chantelle Grobler
Sport & Ondervoorsitter Elizabeth Motebele

Skool Verteenwoordigers

HoofMnr. Leonard Vorster
SekretaresseMe. Marilie O'Kelly
AkademieMnr. Johan Lochner

Leerlingraad 2026

Lea Human
Lea Human Hoofleier
Jessica Bosman
Jessica BosmanLeier
Teneal Brits
Teneal BritsLeier
Tiekie Dercksen
Tiekie DercksenLeier
Kea Lehutso
Kea LehutsoLeier
Modise Mabetwa
Modise MabetwaLeier
Boitumelo Mabitsela
B. MabitselaLeier
Rorisang Mosima
Rorisang MosimaLeier
Tiisetso Shongwane
T. ShongwaneLeier
Lynet Sibanda
Lynet SibandaLeier