Drie leerareas van die Grondslagfase word in ons leerprogramme geïmplementeer:

Taalvaardigheid  (Huistaal)

Syfervaardigheid (Wiskunde)

Lewensvaardighede (Fisiese, Persoonlike en Sosiale Ontwikkeling)

 Die inhoud, kennis, vaardighede en waardes van die kurrikulum word deur die jaar aan die kleuters oorgedra aan die hand van bepaalde temas. Omdat hulle speel, leer hulle flink en vrolik sonder om leerwerk as te uitdagend te sien. Ons help vinnig ‘n handjie wat sukkel of ‘n koppie wat dalk net weer rustig moet hoor, voor hy kan doen. Om die geheelontwikkeling van ons kleuters te bewerkstellig word daar daagliks, op ‘n gebalanseerde wyse, verskeie aktiwiteite uit al drie genoemde leerareas (Taalvaardigheid, Syfervaardigheid en Lewensvaardighede) aangebied.